Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Staat van inperking  - Boodskap van Hoop


Ons almal is op een of ander wyse vasgevang in ons eie omstandighede en onsekerhede oor die tyd waarin ons is.  
Loer dus gereeld  in op die webblad om kort inspirerende dagstukke te lees wat gereeld aan ons lede versprei word. Indien u wil inteken  op die dagstukke stuur gerus 'n e-pos na kommentaar@abond.co.za  
of volg die  onderstaande skakel onderaan die bladsy. 
Wie dieper kyk - 29 April 2020  (Dag 34) 

Spreuke 2 
1. “My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie,  
2. hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.  
3. Roep insig by, vra na gesonde begrip.”  
 
In die Noorde van Israel is die hoogste dorpie van Galilea en kunshoofstad van die land, Safed, geleë. Daar is ‘n kunstenaar wat ‘n kunsvorm geskep het waarvolgens hy onder ʼn mikroskoop sy kuns beoefen en vaspen, met fyn en skerp instrument.  

In die foto, (sien onder) is kunstenaars besig om musiek te maak. Maar, eintlik, is die kuns ter sprake die eerste 67 Psalms se woorde in Hebreeus, wat die lyne van die werk vorm! Met die eerste oogopslag is dit musikante. Met die tweede kyk, die dieper kyk, die kyk met meer inligting, sien en lees ons God se Woord. 

Die tong-in-kies-storie: Tydens verblyf in ‘n konsentrasiekamp was die Jode gedwing om van hulle Heilige Boek, onderbaadjies vir hul oppassers te maak. Hulle het toe baie vernuftig die dele gekies wat al die oordele in die Ou Testament bevat wat teen die Volk van die Here se vyande gerig was en daaruit die wagte se onderbaadjies gemaak!  
 
Ons hoor op die oomblik baie nuusberigte oor "Die Virus". Ons hoor die syfers en grafieke, die ekonomiese impak, ens. Wie kyk dieper? Wat sal ons raaksien as ons vooraf meer weet en weer kyk?  

Ons weet vooraf ‘n genadige God wil mense help, in elke opsig. Op ‘n manier wil God die slegte omdraai en die goeie laat wen. Ons moet die dieper kyk regkry. ‘n Wysheidskyk. Ek en jy wat in ‘n genadige God glo, moet die mense in ons lewe help met die dieper kyk en in “Die Virus” ‘n Woord van God vind om mee te lewe. ‘n Woord om so te kan verstaan, dat daar lewe en lewe in oorvloed kan wees.  

Kom ons hou aan om vir mekaar te bid. 

Ds. John Le Roux 
Kuilsrivier  
Terug na Boodskappe van Hoop
Share by: