Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

             April 2021

Nuwe 2020 Afrikaanse Bybel vertaling en ʼn fokus op Psalm 23 in 3 vertalings

 

Op Maandag 15 Maart 2021 het Gebied Gauteng-Noord se aanlyn gebiedsvergadering plaasgevind met Prof Herrie van Rooy  (Mede vertaler van die 2020 weergawe van die Bybel in Afrikaans). Tydens die webinaar is gesprek gevoer oor die insigte en dan veral die doelwitte van die nuwe 2020 Bybel in Afrikaans vertaling.

 

Enkele uitgangspunte vir vertaling is deur Prof Van Rooy toegelig. Die nuwe 2020 vertaling skep 'n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik.

 

Daarna het Prof Van Rooy op ʼn baie konstruktiewe wyse Psalm 23 behandel vanuit die drie vertalings, 1933/53, die 1983 vertaling en die nuwe 2020 vertaling.

 

Vir toekomstige verwysing en ook vir u eie gebruik gee ons die drie weergawes van Psalm 23 hier weer. U word egter ook aangemoedig om na die geredigeerde opname te kyk wat beskikbaar is by ons webwerf:

https://www.afrikanerbond.co.za/die-bybel-in-afrikaans-2020---15-maart-2021

(kliek op skakel om te aktiveer – sodra die video aktief is kan u dit vergroot regs onder op die skerm. 

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: