Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

             Augustus 2021

Die volledige en omvattende regstegniese ontleding en kommentaar van die Afrikanerbond op die Konsep Vuurwapenbeheer Wysigingswetsontwerp is ingedien

Sien die relevante korrespondensie en kommentaar wat deur ʼn regskundige saamgestel is. (Volg die skakel)

 

Die voorgestelde wysigingswet verander verskeie gevestigde regte van vuurwapeneienaars en beperk sekere regte en kriteria om ‘n vuurwapen te besit. Verskeie van hierdie regte wat aangetas word, word in die grondwet beskerm. Die wysigings behels onder andere:

  • dat selfverdediging nie meer as rede aangevoer kan word waarom ‘n vuurwapenlisensie aan ‘n persoon toegeken behoort te word nie,
  • minder vuurwapens vir toegewyde jagters,
  • geen privaat versameling van vuurwapens word toegelaat nie, en;
  • geen herlaai van ammunisie word toegelaat nie.

 

Die Afrikanerbond is ʼn Afrikanerbelange organisasie met lede in alle vertakkinge van die samelewing en verspreid regoor die land. Vuurwapens is ʼn integrale deel van die uitlewing van ons kultuur, of dit nou is vir die doeleindes van jag, skyfskiet, selfverdediging of vir die versameling van erfenisstukke is. Dit is in die konteks waarom ons graag reageer op die voorgestelde Vuurwapenbeheer Wysigingswetsontwerp:

  • Die Vuurwapenbeheer Konsepwetgewing word gesien as nog ʼn aanslag op eiendomsreg en in die geval is dit vuurwapen onteiening van Suid-Afrikaanse burgers. Wanneer enige eiendomsreg bedreig word hetsy dit grond of vuurwapens is, moet dit op dringende basis hanteer word.
  • Vuurwapens, meestal onwettig word gebruik tydens plaasaanvalle, huisbetredings, motorkapings en onder andere moord op vroue en kinders. Met 'n disfunksionele polisiemag wat effektiewelik deur al meer privaat sekuriteitsmaatskappye vervang is, het die siviele bevolking ‘n groot behoefte om hulself te verdedig en wil hulle wettig vuurwapens besit om dit wel te kan doen.
  • Hierdie proses van die voorgestelde Vuurwapenbeheer Konsepwetgewing, ontwapen wettige eienaars en maak hulle doelbewus die prooi van onwettige vuurwapen hanteerders en misdadigers wat hulle nie steur aan die wetgewing nie. 
  • Die grootskaalse ontwapening van wetsgehoorsame burgers kan nie gebeur in ʼn omgewing waarin misdaad floreer nie. Die staat sal eers sy eie huis in orde moet kry alvorens daar gedink kan word aan enige wetsontwerp wat vuurwapenbesit en beheer inperk: 

 

In die lig van bogenoemde het ons op 26 Julie 2021 aan die Minister van Polisie geskryf en versoek dat die voorgestelde wetgewing in sy geheel onttrek moet word. Ons het nog nie ʼn reaksie op die skrywe ontvang nie. (Sien die skrywe aangeheg)

 

Ons kommentaar is op 1 Augustus 2021 by die Burgerlike Sekretariaat vir die Polisiediens ingedien en ontvangs is erken -

Volg die skakel om te lees. 

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: