Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Staat van inperking  - Boodskap van Hoop


Ons almal is op een of ander wyse vasgevang in ons eie omstandighede en onsekerhede oor die tyd waarin ons is.  
Loer dus gereeld  in op die webblad om kort inspirerende dagstukke te lees wat gereeld aan ons lede versprei word. Indien u wil inteken  op die dagstukke stuur gerus 'n e-pos na kommentaar@abond.co.za  
of volg die  onderstaande skakel onderaan die bladsy. 
Nuwe bundels deur bydraers in die reeks Boodskappe van Hoop

Cas Vos se bundel “Beskut teen vrese” is sonder twyfel een van die hoogtepunte in sy oeuvre.



Pyn en (moontlike) verlies staan tematies sentraal in die bundel, en dit figureer ook sterk in die afdelings, “Die bedreigdes” en “In Job se skoene”. Dit moet in konteks van die huidige Corona-pandemie gesien word, wat die bundel baie aktueel maak.



Dis egter nie net pyn en verlies wat Vos aanraak nie, maar ook die mens se sterflikheid, Ars Poetica, liefde, kuns en musiek. Vos se uitstekende kennis van die Griekse mitologie kan gesien word in sterk gedigte soos “Voorspel tot Hektor se dood”, “Odusseus en Kirke se flirtasie”, asook “Ode aan Aphrodite”.



Daar is talle hoogtepunte in die bundel. Om maar net ’n paar te noem, “Ontnugtering” en “Corona”. Dié gedigte is gelyktydig aangrypend, filosofies en angswekkend. Dit is ’n kreatiewe dokumentasie van hierdie tye. Verder is daar “Paddas”, “Eerstelinge”, die ontroerende “Bruid van Beiroet”, “Die Boheemse Rapsodie”, “lewe en dood”, “Die towerfluit”, “Waagstuk” asook “Adam Small, hy kô hystoe”, met die skerpsinnige slot:

God se dice het toe wee geval,

die basterds moet opsy staan

wan Adam Small kô hystoe,

hy kô paradys toe.



Cas Vos se bundel “Beskut teen vrese” word gekenmerk deur sterk en vars beelde, slim woordspel en -vernuf. Ondanks die donker tye waarin ons onsself bevind, sal dit ’n wonderlike pronkende pouveer in die Afrikaanse letterkunde wees.



Die bundel kan bestel word by Naledi. E-pos: tertiaswart@naledi.online

of telefonies: 0786488616.

Share by: