OPNAME VAN WEBINAAAR AB IN DIALOOG
Verkiesing 2024 - Met prof. André Duvenhage
“Slegs die fundamentele hervorming van die politieke, ekonomiese en maatskaplike orde kan Suid-Afrika oor die medium en langtermyn red van ʼn potensiële slegte-saak-scenario.”
Op 18 Oktober 2023 het prof. André Duvenhage die AB Besprekingsdokument - Die aanloop (en waarskynlike afloop) van die 2024 Nasionale en Provinsiale verkiesing – verder toegelig in ʼn AB in dialoog webinaar. Die geredigeerde opname van die webinaar is beskikbaar by die onderstaande skakel. Prof. Duvenhage het in die gesprek sy perspektiewe gedeel oor peilings en partysteun, belastings en proteste, koalisies, die Israel-Palestynse kwessie en Suid-Afrika se internasionale status.
https://www.afrikanerbond.co.za/prof-andre-duvenhage-opname-webinaar---18-oktober-2023
Die webinaar is gebaseer op prof. Duvenhage se omvattende besprekingsdokument vir die Afrikanerbond Die aanloop (en waarskynlike afloop) van die 2024 Nasionale en Provinsiale verkiesing: ʼn rekonstruktiewe verkenning van die Suid-Afrikaanse politieke omgewing deur wat by die volgende skakel gelees kan word
https://online.fliphtml5.com/hwiua/fyfp/
https://www.afrikanerbond.co.za/verkiesing-2024-a-duvenhage-ab-besprekingsdokument
In die besprekingsdokument sowel as die webinaar is 3 verskillende scenario’s uitgelig oor die moontlike uitkomste van die komende 2024 verkiesing.
Scenario 1 - Die voortsetting van die status quo in ʼn veranderende omgewing
Scenario 2 - Regeringsverswakking, koalisiepolitiek, nuwe politieke spelreëls
Scenario 3 - ʼn Suid-Afrikaanse Lente
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres